AGS LEWENDE WATERS

KIC’S

KINDER BEDIENINGE

KIC’S

KINDERS IN CHRISTUS


Visie en Waardes


Missie

Om kinders & Tieners te bedien volgens die woord, om hulle te onderrig in die woord. Om Doelgerig volgens
MATT. 28:19-20 Kinders en Tieners te lei tot dissipelskap en getroue volgelinge van Jesus  Christus.

Vissie

Om 'n plek te skep waar kinders God kan ervaar en dien in Gees, siel en Liggaam.


Waardes


Waarheid

Ons glo dat God se woord die waarheid is, dat die woord die enigste waarheid is waarvolgens ons die kinders/tieners sal bedien sodat hulle die waarheid sal ken en toepas in hul daaglikse lewens wandel.

Verhoudings

Ons beskou verhoudings as een van die belangrikste fondamente van die kinder/tiener bediening. Verhoudings tussen die personeel, personeel met hul kinders, personeel met die Kinders. Die personeel moet die voorbeeld stel aangesien dit die model is waarna baie Kinders/tieners sal opkyk.

Innoverend

As aanbieder moet ons innoverend/waaghalsig wees om die hoogste vlak van kinder bediening te behaal, ons moet ons egter altyd meet om seker te maak ons bly binne die Riglyne van die woord.

Koestering

Omdat die Kinder Bediening ‘n besondere bediening is glo ons dat die bediening met liefde gedoen moet word, daarom glo ons ook dat Geestelike Groei die beste plaasvind wanneer daar emosionele veiligheid, fisiese sekuriteit en goeie higienise standaarde is. Ons is verbind
tot hoë standaarde in hierdie areas.

Ons Kinderkerk Bediening
Matt 28:19
Gaan dan heen
maak  hulle
doop  hulle
en  leer  hulle
Jeremia  29:11
Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE , gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om vir julle ʼn hoopvolle toekoms te gee
Kinders is vir die Here baie kosbaar en daarom ook vir ons! By ons kinderkerk leer ons die kinders van die Bybel, van Jesus, en van die lewe. Waardes is vir ons van kritiese belang en dit is Bybelse waardes wat ons die kinders leer.

Kinders is die volgende generasie wat die leiding moet neem. Die vyand is gefokus op ons kinders, en hy sal alles in sy mag doen om hulle te steel. U as ouers moet een ding besef, as u nie u kind na die Here to bring nie dan sal die vyand hulle steel.

Dit help ook nie veel as u bloot die kinders by die Kinderkerk kom aflaai, maar nooit self 'n kerkdiens bywoon nie. Ouers moet die voorbeeld stel en self hul kinders nie net Sondagskool toe nie, maar ook kerk toe bring en die dienste saam met hulle bywoon.

Elke Sondag oggend senior groep bediening Gr 7 - 12
(agter) Adéle Viljoen, Lizette Pretorius, Juan Pierre Meyer, Antonet Hopkins,
Craig Hopkins, Charlain Smit, Steven Chapman, Charlene Engelbrecht.

(voor) Gert Viljoen, Andrew Exall, Braam Van Tonder



Wie is Ons Kinderkerk Personeel?
BYEENKOMSTE

SONDAE

09h00 EREDIENS • KINDERKERK
18h00 AANDDIENS


WOENSDAE

10H00 KINGDOM MOMENTS
19H00 VERSKEIE SELGROEPE


PASTOOR BUKS MULLER
083 277 8058
©  2014 All Rights Reserved  •  based on a design by Weigh Data Management Systems.