Wie is Ons?

Ons is die hoërskoolkinders van Springs omgewing wat 'n passie het vir Jesus! Ons gee om vir mekaar en is bekommerd oor 'n verloregaande wêreld! Ons is HIP, COOL, en HAPPENING! In een woord saamgevat: Ons is RELEVANT!

Baie van ons is in A.G.S. Lewende Waters Springs self, maar baie kom ook uit ander gemeentes/denominasies. Almal wat 13-17 jaar oud is is meer as welkom om by ons aan te sluit en om dit saam met ons te kom geniet!

Waar en Wanneer kom ons bymekaar

Ons hang elke Vrydagaand vanaf
18:00 by die kerk uit.

Wat doen ons op 'n tipiese Jeugaand?

Ons Jeug byeenkomste is AWESOME! Ons leer so baie oor die lewe, oor Jesus, en oor hoe om die Bybelse boodskap prakties uit te leef!

Hier is 'n paar dinge wat ons op 'n tipiese Vrydag doen:

• Ons doen cool ysbrekers.
• Ons speel lekker speletjies.
• Ons sing en maak die Here se Naam groot.
• Ons leer praktiese en relevante lewenslesse.
• Ons kuier groot.
• Ons maak nuwe pelle.
• Ons gaan ook jaarliks op 'n awesome jeugkamp.

Kontak vir Riaan Van Tonder 0837753763
Ons Gemeente se Tiener Jeug
Matt 28:19
Gaan dan heen
maak  hulle
doop  hulle
en  leer  hulle
Jeremia  29:11
Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE , gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om vir julle ʼn hoopvolle toekoms te gee




BYEENKOMSTE

SONDAE

09h00 EREDIENS • KINDERKERK
18h00 AANDDIENS


WOENSDAE

10H00 KINGDOM MOMENTS
19H00 VERSKEIE SELGROEPE


PASTOOR BUKS MULLER
083 277 8058
©  2014 All Rights Reserved  •  based on a design by Weigh Data Management Systems.